KYK: Ma en ongebore baba sterf na ongeluk

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou wat 9 maande swanger was en haar ongebore baba het gesterf toe hulle vroeër vandag op die M4-snelweg in die rigting van Durban ná die Blue Lagoon-afrit in ‘n ongeluk betrokke was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê nog sewe beseerdes, insluitend twee kinders, is gestabiliseer voordat hulle na verskeie Durban-hospitale vervoer is.

Paramedici het net na 11:00 chaos op die ongelukstoneel van twee voertuie aangetref. Een voertuig het vermoedelik in die agterkant van die ander een vasgery. Verskeie ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici is vir hulp na die toneel ontbied. Die swanger vrou, vermoedelik in haar dertigs, is kritiek beseer en haar hart het gaan staan. KPR is toegepas, waarna besluit is om haar na ‘n hospitaal te haas waar ‘n ginekoloog gewag het om te help.

“Ten spyte van die beste pogings is beide ma en baba weens hul beserings oorlede.”

Omstandighede van die ongeluk word deur die polisie, wat op die ongelukstoneel teenwoordig is, ondersoek. Die pad was nog ‘n kort rukkie gelede gesluit sodat owerhede as gevolg van die sterftes foto’s vir die polisie-ondersoek kon neem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief