BRAKPAN, GAUTENG. – ’n Bobbejaanmannetjie wat onlangs deur die Brakpan-area getrek het, het inwoners behoorlik op hol gehad.
Die DBV is verlede week ingelig oor ’n bobbejaan wat verlede Woensdag vir die eerste keer in Brakpan opgemerk is. Teen Saterdag is hulle hulp ontbied na klagtes van individue wat hom in die middedorp met klippe gegooi het.
Die gebied is afgesper in ’n poging om kees moontlik te vang. Hy het egter na die veiligheid van meer beboste areas beweeg.
Sondag is hy in Benoni gesien en teen Maandag was hy in Brentwood Park. Volgens die Craig View-veeartskliniek het die bobbejaan meer as 10 km binne een dag beweeg.
Die bobbejaan het geensins aggressiewe gedrag teenoor die mense getoon nie.
Volgens die kliniek is dit moontlik ’n bobbejaanmannetjie wat amper volwasse is wat tans tussen sosiale groepe beweeg.
Bronne: The Citizen, Jacaranda FM, Brakpan Herald





