Babameisie sterf, verskeie vermis en oorlede in Oos-Kaapse vloede

Lees ook :

Foto Verskaf: Daily Maverick

NELSON MANDELABAAI. – Verwoestende vloede het deur die gebied gespoel en ‘n spoor van vernietiging en verplasing gelaat. Die vloede het tot die sluit van minstens agt paaie gelei. Die provinsiale regering het geraam dat die storm skade van nagenoeg R1,4 mjd. aangerig het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het Sondag berig dat ‘n babadogtertjie en ‘n man oornag in vloede in die Oos-Kaap gesterf het. Minstens sewe persone is oorlede, vier ander word vermis, terwyl ontruimings voortduur. Dwarsdeur die nag is 70 mense in 55 verskillende reddingspogings gered en reddingspogings duur steeds voort.

In een geval is ‘n man veilig van ‘n eiland in die Brakrivier gered nadat ‘n voertuig met ses insittendes in die vloedwaters vasgekeer was. ‘n Volwasse vrou is meegesleur en bly vermis, terwyl die ander vier volgens die NSRI gered is.

Hawe-owerhede ondersoek verslae van verskeie vaartuie wat losgeruk is in die hawe van Port Elizabeth en op die Buffelsrivier in Oos-Londen.

Die NSRI het bygevoeg dat talle mense suksesvol uit geboue, huise en voertuie deur reddingsoperasies ontruim is.

Strate oorstroom op 1 Junie 2024 in verskeie voorstede van Kariega (Uitenhage) in Nelson Mandelabaai, na 200 mm reën in die gebied geval het. (Foto: Verskaf)

Bron: EarthNews365, X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief