‘Rowers’ wat vlug, rol voertuig en stamp ander voertuie

Lees ook :

Foto's: CERT

GAUTENG. – Vermeende rowers wat glo Woensdasgmiddag vir wetstoepassers gevlug en in ‘n oor-en-weer-skietery betrokke was, het hulle voertuig gerol en twee omstanders se voertuie gestamp.

Community Emergency Response Team (CERT) sê Centurion-bemanning is omstreeks 13:15 na ‘n motorvoertuigongeluk op Ruimtepad, naby Heuweldoord.

Tydens die skietery het die verdagtes glo hulle voertuig gerol en met twee voertuie van omstanders gebots. Drie verdagtes met geringe tot matige beserings is in hegtenis geneem.

‘n Vrou het ernstige beserings opgedoen en is met ‘n helikopter na ‘n vlak 1-traumafasiliteit vervoer. Nog twee persone het geringe beserings opgedoen.

Al die beseerdes is gestabiliseer en na hospitale vervoer.

Die polisie het die toneel ondersoek en vir bewyse gefynkam.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

CERT bedank Netcare911 , Emer-G-Med (Pty) Ltd , life star 911, Vision Tactical , Monitor Net , Fidelity ADT , Scorpion Risk Services , Safe City Projects , Copwatch , ProShield , Axon Security Group , Tracker South Africa , SAPS, Tshwane Metro Police Department , Tshwane Emergency Services Department , Wierdabrug Sektor 1, 2 en 3 GPF-patrolleerders, First Help Towing, Presission Towing, en alle ander dienste wat ondersteuning op die toneel gebied het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief