Lees ook: Alec Baldwin se verhoor in Halyna Hutchins-saak begin
SANTE FE, NEW MEXICO. – Alec Baldwin se manslagverhoor na die dood van kinematograaf Halyna Hutchins het amptelik die week begin.
Aanklaers in die verhoor het gesê Baldwin het met die vuurwapen “gespeel” en het die reëls van vuurwapenhantering gebreek. Die verdediging het gesê hy het slegs sy werk gedoen en het die tegnici op die filmstel vertrou om seker te maak die wapen is veilig.
Hutchins is in 2021 dood na Baldwin haar met ’n lewendige koeël geskiet het. Die wapenhanteerder van Rust is reeds skuldig bevind aan onwillekeurige manslag en is tot 18 maande tronkstraf gevonnis.
As Baldwin skuldig bevind word, sal hy ’n vonnis van 18 maande tronkstraf opgelê word.
Die saak sal na verwagting tot 19 Julie aangaan.
Bronne: BBC, EWN, Sky News
Lees ook: Alec Baldwin se verhoor in Halyna Hutchins-saak begin





