Alec Baldwin se verhoor in Halyna Hutchins-saak begin

Lees ook :

Alec Baldwin aangedaan toe saak teen hom teruggetrek word
Foto: Op lêer

Lees ook: Alec Baldwin se verhoordatum bekend

SANTE FE, NEW MEXICO. – Alec Baldwin se strafbaremanslagverhoor na die dood van Halyna Hutchins in 2021 het amptelik vandag begin.

Die jurie vir die verhoor word vandag gekies en die verhoor sal na verwagting tot 19 Julie aangaan.

Baldwin het ’n Colt .45-rewolwer op kinematograaf Halyna Hutchins op die stel van Rust gerig. Dit het afgegaan en toe hy die sneller trek, het dit ’n lewendige patroon geskiet. Sy is dood en die direkteur is gewond.

Baldwin het gesê hy het nie geweet daar was ’n koeël in die vuurwapen nie en het nie die sneller getrek nie. Die FBI het bewys die vuurwapen sou nie skiet tensy die sneller getrek is nie.

Rust se wapenhanteerder Hannah Gutierrez is vroeër die jaar skuldig bevind aan manslag en tot 18 maande tronkstraf gevonnis. As Baldwin skuldig bevind word, kan hy ook 18 maande tronkstraf opgelê word.

Bronne: Khaleej Times, ABC News, The Independent

Lees ook: Alec Baldwin se verhoordatum bekend

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief