MPUMALANGA. – ‘n Vrou (46) is Sondagoggend omstreeks 00:15 in Mphatseni in Masoyi, buite Hazyview, ontvoer. Haar liggaam is Dinsdagoggend omstreeks 08:20 in Kamajika se nuwe begraafplaas gevind.
Kapt. Magonseni Nkosi sê die vrou het veelvuldige beserings en ‘n tou om haar nek gehad.
Volgens inligting is die vrou voor haar drie kinders deur drie gewapende verdagtes met bedekte gesigte by haar huis ontvoer. Dit volg slegs enkele ure nadat nog ‘n jong vrou se verbrande liggaam op Pienaar gevind is.
Die liggaam van die vrou is positief deur haar familie uitgeken.





