KYK: Weervoorspelling vir die naweek, kouefront tref weer Maandag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Kyk hier bo na die weervoorspelling vir die naweek wat voorlê. Terwyl dit steeds nat, koud en winderig in die Wes-Kaap is, voorspel Vox Weather nog ‘n kouefront vir Maandag.

In verskeie provinsies styg die kwik tot bo 30 grade. In sommige gebiede is die minimum temperatuur steeds laag, maar aangename dagtemperature word voorspel.

‘n Geel Vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reënval is vir Kaapstad, Drakenstein, Stellenbosch en Theewaterskloof-munisipaliteite uitgereik. Dit kan met moontlike oorstromings en modderstortings gepaard gaan.

Vir die kus tussen Lambertsbaai en Mosselbaai word wind wat skade kan veroorsaak voorspel met ‘n geel Vlak 4-waarskuwing.

‘n Geel Vlak 4-waarskuwing vir skadelike golwe is tussen Alexanderbaai en Plettenbergbaai uitgereik. Dit kan seetoestande bemoeilik.

‘n Geel Vlak 4-waarskuwing geld vir erge windtoestande wat eiendom kan beskadig, bestuur kan bemoeilik en kommunikasie- sowel as kragonderbrekings kan veroorsaak, vir die suidelike Namakwa-distrik, die Noord-Kaap, die Sentrale Karoo, Kaapse Wynlande, Overberg en die Westelike Tunroete van die Wes-Kaap.

‘n Geel Vlak 2-waarskuwing vir skadelike wind wat plaaslike nedersettings kan beskadig en ook bestuurstoestande kan bemoeilik, word vir die plaaslike munisipaliteite Senqu en Elundini uitgereik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief