Bejaarde op soek na sy familie

Lees ook :

PORT ELIZABETH. – ’n Man wat hier op straat woon, is op soek na enige van sy familielede.

Ncebakazi Tumse Njengele het verlede week ’n foto van ’n bejaarde man geneem en op haar Facebook-blad gedeel.

“Ek is David Spence en is 74 jaar oud,” het sy by die foto geskryf.

“Ek is op soek na my familie: Sandra Anderson, Anton Havenga, Leon Havenga en Jonathan Terblanche. Ek woon op staat, omdat ek al vir die laaste twee maande nie my pensioen ontvang het nie. Kan julle my asseblief help?”

Hy sê ook hy is by die BP-vulstasie in 6de laan, Port Elizabeth.

Indien enigiemand enige inligting het oor sy gesin, kontak asseblief vir Ncebakazi by 073 020 7583.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief