Brasiliaan met kokaïen om lyf op lughawe vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG – Risclif Tadue Ramos (36) is Vrydag op OR Tambo Internasionale Lughawe met ‘n besending kokaïen om sy lyf gedraai, vasgetrek.

Kapt. Lloyd Ramovha sê inligting van ‘n dwelmmuil wat Vrydagmiddag van Brasilië op Ortia gaan land, is ontvang. Die vlug is geïdentifiseer en die verdagte, wat slegs handbagasie gehad het, is genader. Hy is na die Ortia-polisiestasie geneem, waar ‘n tolk vir kommunikasie bekom is. Ramos het erken hy het dwelms in sy besit en het tot deursoeking van sy liggaam ingestem. Ongeveer 4 kg kokaïen wat om sy lyf gedraai was, is gevind. Ramos is dadelik vir oortreding van die dwelmwet gearresteer.

Die beskulidgde het Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn, waarna die saak vir borgaansoek tot 30 Julie uitgestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief