Lees ook: Joe Biden onttrek uit presidensiële resies
VSA. – Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, het volgens haar genoeg ondersteuning van Demokratiese stemgeregtigdes om die nominasie as hulle presidensiële kandidaat te kry.
Die stemgeregtigdes is persone wat gekies is om hulle verkiesingsgebied te verteenwoordig.
Sy moet die ondersteuning van 1 976 stemgeregtigdes hê om as presidentskandidaat te staan. Harris het gesê sy is trots dat sy soveel steun het en sien uit daarna om die nominasie formeel te aanvaar.
As die ondersteuning hou wanneer die stemgeregtigdes virtueel op 7 Augustus stem, sal sy die Demokrate se presidentskandidaat wees.
Dit volg na president Joe Biden onttrek het van die presidensiële resies en sy ondersteuning vir Harris uitgespreek het.
Tonight, I am proud to have earned the support needed to become our party’s nominee.
— Kamala Harris (@KamalaHarris) July 23, 2024
Over the next few months, I'll be traveling across the country talking to Americans about everything on the line. I fully intend to unite our party and our nation, and defeat Donald Trump. pic.twitter.com/Bsq3N6pMAi
Bronne: IOL, BBC, X