WES-KAAP. – Ethan Bakkes, ‘n gr. 10-leerder van Worcester Gimnasium, en sy ma het Saterdagmiddag in ‘n motorongeluk gesterf.
Volgens ‘n plasing op die skool se Facebook-blad sterk Ewald Bakkes, Ethan se pa, en Cameron van Rooy, ‘n gr. 9-leerder, tans in die hospitaal aan.
“Die Bosvark-familie sal Ethan met liefde vir sy groot glimlag, sy goeie sin vir humor en sy bereidwilligheid om te help, onthou.”
“Ons bid dat die genade van God die naasbestaandes sal versterk in hierdie moeilike tye.”





