Bewustelose vrou in kruiwa gekry

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou is Saterdagmiddag omstreeks 14:20 bewusteloos in Howick in ‘n kruiwa aangetref.

Midlands EMS in Howick is saam met gevorderde lewensondersteunende paramedici na die toneel van ‘n aanranding in Hoofweg by ‘n brug ontbied. Met aankoms op die toneel is die vrou, erg aangerand en bewusteloos, in ‘n kruiwa gevind. Die vrou het dringende lewensondersteunende behandeling nodig gehad.

Nadat die vrou gestabiliseer is, is sy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Midlands EMS sê alle owerhede was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief