Leerder sit in toiletdeksel by skool vas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Enviro Loo Facebook-blad

LIMPOPO. – ‘n Gr. 2-leerder het Donderdag by Primêre Skool Lefatane in Ga Makgato gedeeltelik in ‘n deksel van ‘n omgewingsvriendelike toilet vasgesit.

Matome Taueatsoala, woordvoerder vir die onderwysdepartement, sê die kind het in die toiletdeksel, wat agter die toilet in posisie is, vasgesit.

Die departement lê klem daarop dat die kind nie in ‘n puttoilet geval het nie en het dus geen beserings opgedoen nie.

Taueatsoala sê ‘n gr. 1-leerder het glo gesien hoe ‘n leerder van een deksel na ‘n ander geklim en gespring het en toe vasgesit het.

Die ouers is volgens die departement na die skool ontbied en het die kind vir ‘n ondersoek na die naaste mediese kliniek geneem.

“‘n Veilige skoolomgewing bly ‘n prioriteit en om te verseker dat leerders sonder vrees kan leer.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief