Juwelierswinkel beroof – polisielid en lid van publiek gewond

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het ‘n soektog na ‘n aantal gewapende verdagtes geloods wat Sondag ‘n juwelierswinkel in Phoenix beroof het, waartydens ‘n polisiebeampte en ‘n lid van die publiek gewond is.

Die polisie sê die verdagtes het die juwelierswinkel in die Phoenix Plaza bestorm en met juwele en geld gevlug. Terwyl die verdagtes in ‘n bakkie van die toneel aan die vlug was, het die trio-taakspan van Phoenix agter hulle aangejaag. Die verdagtes het van die agterkant van die bakkie op die polisielede, wat op hulle hakke was, geskiet. ‘n Oor-en-weer-skietery het ontstaan. Nog twee voertuie met verdagtes het die polisievoertuig van agter genader, waartydens ‘n polisielid in die skouer gewond is.

‘n Lid van die publiek wat langs die pad geloop het, is in die been getref. Een van die verdagte voertuie is verlate in L-seksie in KwaMashu gevind.

Reaction Unit South Africa sê oproepe vir hulp is uit die Plaza en van ‘n GPF-lid ontvang. Reaksiebeamptes wat na die toneel gehaas het, het dadelik onder vuur gekom. Ongeveer 15 swaar gewapende verdagtes in drie voertuie het die Plaza omstreeks 11:10 bestorm. Hulle was met AK47’s, gewere en pistole bewapen. Na die roof het ‘n jaagtog en skietery ontstaan. Buiten ‘n polisielid en ‘n gemeenskapslid wat gewond is, is verskeie voertuie, ‘n polisievoertuig en geboue beskadig. ‘n Veiligheidswag is ook van sy vuurwapen beroof.

Die verdagtes kon daarin slaag om te ontvlug.

Foto: Reaction Unit South Africa

Foto: Reaction Unit South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief