KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het Donderdagoggend by die Tugela-riviermond van die vlot waarop hy was, vermis geraak.
IPSS Search and Rescue sê die diens se hulp is ingeroep om saam met Mandeni-lewensredders die man se liggaam op te spoor.
Elmar Vrey, ‘n PACSys-hommeltuigvlieënier, is ontbied om met die soektog te help. Die liggaam van die man is 100 m van die mond opgemerk en onder leiding van Vrey deur die lewensredders aan land gebring.
“Die gebruik van die hommeltuig was van onskatbare waarde om die man se liggaam te vind en sy gesin afsluiting te gee. Ons meegevoel gaan uit na die vriende en familie van die oorledene.”

Foto: IPSS Search and Rescue





