KYK: Oomblik toe vliegtuig met 61 val

Lees ook :

Foto: Aircraft Engineering

BRASILIë. – ‘n Vliegtuig (ATR-72) van Voepass Linhas Aéreas het Vrydag in die dorp Vinhedo ongeveer 80 km buite Sao Paulo neergestort.

Altesaam 61 persone was aan boord vlug 2283. Vier was bemanningslede en 57 passasiers. Volgens beriggewing het niemand die ongeluk oorleef nie.

Die vliegtuig het van Cascavel in die staat Parana opgestyg en was onderweg na Sao Paulo se internasionale lughawe.

Nuusflits het video-opnames soos hier bo ontvang waarin gesien kan word hoe die vliegtuig in die rondte tol terwyl dit neus na onder agter bome inval. Daarna kan rook duidelik gesien word.

Data van FlightRadar24 dui aan die vliegtuig het 12 000 voet per minuut geval.

Die ongeluk word ondersoek.

Die name van die persone wat in die vliegongeluk gesterf het is deur die lugredery op hulle webtuiste bekend gemaak.

Bronne: Voepass Linhas Aéreas, Wikipedia en NBC 5 Dallas Fort-Worth

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief