OOS-KAAP. – Rosslyn Moodley (43), wat geskenkbewyse ter waarde van meer as R720 000 aan haarself uitgemaak en gebruik het, is skuldig aan bedrog.
Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke, sê Moodley is Dinsdag deur die Oos-Londen-landdroshof skuldig bevind.
Moodley was tussen 2018 en 2020 as assistent-bestuurder by ‘n inkopiesentrum in diens. Sy het geskenkbewyse aan haarself uitgemaak en gebruik. Die Valke het die voorval ondersoek en daar is ontbloot Moodley het die sentrum uit meer as R720 000 bedrieg. Sy is op 14 Februarie 2023 in hegtenis geneem en op ‘n waarskuwing om in die hof te verskyn, vrygelaat.
Mgolodela sê Moodley het verskeie kere tot haar skuldigbevinding in die hof verskyn. Die saak is vir ‘n proefbeampteverslag tot 14 Oktober uitgestel.





