Lees ook hier: https://nuusflits.com/41-verdagtes-op-aanklagte-van-mensehandel-en-oortreding-van-immigrasiewet-in-hof/
MPUMALANGA. – 16 vroulike Mosambiekse burgers is Dinsdag in die Barberton-landdroshof skuldig bevind aan oortreding van die immigrasiewet.
Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, sê die vroue was deel van ‘n groep verdagtes wat Vrydag op die N4 buite Kaapmuiden onderskep is toe hulle van Mosambiek na Johannesburg in twee taxi’s onderweg was. Geldige permitte of paspoorte kon nie verskaf word nie.
Sekgotodi sê die beskuldiges is met behulp van regsverteenwoordiging met R2 000 of ses maande tronkstraf beboet, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Die vonnis is op voorwaarde dat die beskuldigdes nie weer aan ‘n soortgelyke misdaad gedurende die vyf jaar skuldig bevind word nie.
“Die hof het verder beveel dat die beskuldigdes onmiddellik na hul land terugdeporteer word.”
Die manlike Mosambiekers se saak is vir regserteenwoordiging tot 20 Augustus uitgestel. Hulle bly in aanhouding.
Die ondersoek gaan voort.





