KWAZULU-NATAL. – ‘n Werktuigkundige van ‘n logger is kritiek en die operateur daarvan ernstig beseer nadat die masjien omstreeks 08:30 vanoggend in Lidgetton buite beheer geraak het.
Midlands EMS sê spanne is na die toneel gestuur nadat die logger uit beheer geraak, die werktuigkundige vergruis is en die operateur beseer is.
Met aankoms is die werktuigkundige in ‘n kritieke toestand gevind en het dringend gevorderde lewensondersteunende behandeling nodig gehad.
“Weens die erns van die beserings is daar op die toneel besluit om die hulp van die Netcare 911-helikopter in te roep.”
Die operateur, wat ook ernstig beseer is, is ook na gevorderde lewensondersteunende behandeling vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer.





