Slagoffer steek verdagte verkragter met mes

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Slagoffer van beweerde verkragting in Tongaat het Dinsdag, nadat hy sy bewussyn herwin het, die verkragtingsverdagte herhaaldelik met ‘n sakmes gesteek.

Reaction Unit South Africa sê die verdagte het glo die seun genader en hom ‘n drankie aangebied. Die seun het na bewering sy bewussyn verloor en toe hy bykom, was die verdagte besig om hom in ‘n bos te verkrag. Nadat die seun die verkragtingsverdagte met die mes gesteek het, is hy reguit polisiestasie toe om ‘n saak te open.

Rusa-beamptes is omstreeks 22:50 na Temple-rylaan in die Mitchell-woonbuurt waar ‘n ernstig beseerde man (47) aan die kant van die pad aangetref is. Hy het Rusa-beamptes ingelig hy is beroof.

Die polisie is na die toneel ontbied en hulle het bevestig ‘n seun is besig om ‘n verkragtingsaak by die polisiestasie te open. Die beseerde man se beskrywing het met dié van die beweerde verdagte ooreengestem.

Toe die seun op die toneel aankom, het hy bevestig die beseerde man is dieselfde een wat hom verkrag het.

“Daar word vermoed dat die verdagte gesoek is vir die seksuele aanranding van ander minderjarige seuns.”

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief