Betogings in Indië ná moord en verkragting van dokter neem toe

Lees ook :

Indië betogings na moord en verkragting van dokter duur voort
Indië betogings na moord en verkragting van dokter duur voort fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Betogings in Indië na vroulike dokter in hospitaal verkrag en vermoor is

INDIЁ. – Betogings in Indië het uitgebrei ná ‘n vroulike dokter (31) in ‘n hospitaal verkrag en vermoor is.

Die hospitaal waar sy vermoor is, is deur ‘n groot groep betogers gevandaliseer. Verskeie dokters en doktersunies is ook van plan om uit protes teen die moord te betoog, terwyl kleiner betogings reeds dwarsoor die land uitgebreek het.

Die dokter se halfnaakte liggaam is verlede week in die hospitaal ontdek na ‘n vrywilliger by die hospitaal haar verkrag en vermoor het. Hy het ‘n bekentenis gemaak toe hy in hegtenis geneem is.

Sedert die dokter se liggaam ontdek is, het nog twee gevalle van verkragting en moord die gemoedere in Indië laat opvlam. ‘n Verpleegster is verkrag en vermoor op pad na haar huis toe, asook ‘n sesjarige meisie.

Bronne: BBC, India TV, PTC News

Lees ook: Betogings in Indië na vroulike dokter in hospitaal verkrag en vermoor is

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief