Betogings in Indië na vroulike dokter in hospitaal verkrag en vermoor is

Lees ook :

Betogings in Indië na vroulike dokter verkrag en vermoor is in hospitaal
Betogings in Indië na vroulike dokter verkrag en vermoor is in hospitaal fotokrediet: Canva

Lees ook: Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

INDIЁ. – Duisende vrouens in Indië betoog ná ‘n vroulike dokter by ‘n staatshospitaal in Kulkutta verkrag en vermoor is.

Die vroulike dokter se halfnaakte liggaam is verlede Vrydag deur haar kollegas in ‘n seminaarkamer in die hospitaal gevind.

Sy het na ‘n 36 uur skof in die seminaarkamer aan die slaap geraak en is deur ‘n vrywilliger wat by die hospitaal werk, verkrag en vermoor. Hy is in hegtenis geneem en het skuld erken.

Vrouens, mans en dokters het begin betoog vir geregtigheid ná die dokter se liggaam ontdek is. Hulle betoog ook om ‘n einde aan geweld teen vrouens te bring.

Bronne: BBC, Algoa FM, India Today

Lees ook: Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief