VRYSTAAT. – ‘n Bejaarde verdagte (82) wat na bewering ‘n meisie (8) op Petrusburg verkrag het, bly in aanhouding totdat die saak weer op 22 Augustus vir formele borgaansoek voorkom.
Sers. Sinah Mpakane sê die slagoffer is van ‘n plaaslike laerskool. Daar word beweer ‘n ouer het tydens ‘n skoolvergadering in Julie vir ‘n onderwyser gesê ‘n sekere meisie vertel ander sy gaan normaalweg na die verdagte se huis waar sy saam met hom slaap.
Mpakane sê dit is aan die polisie gerapporteer en die verdagte is in hegtenis geneem.
Die saak is na Jacobsdal-GKS vir ondersoek oorgeplaas.





