Slegs 1 positief getoets vir masels in Delportshoop, sê NIOS

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Slegs een positiewe laboratorium-getoetste geval van masels is in Delportshoop deur NIOS bevestig.

Lebogang Mahaja, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement in die provinsie, sê die departement het toegetree nadat ‘n uitbraak van masels gerapporteer is.

‘n Totaal van 32 kinders is tussen 13 en 19 Augustus by die Delportshoop-kliniek gesien wat ‘n uitslag op hulle gesigte gehad het. Mahaja sê slegs sewe het simptome van vermoedelik masels gehad; die res is simptomaties behandel.

Die departement herinner ouers daaraan daar is nie spesifieke medikasie vir masels nie; die virus woed hom gewoonlik tussen 10 en 14 dae uit.

Die ingryping van die departement volg kort nadat Woensdag berig is vier skole is gesluit nadat masels by Gekombineerde Skool Delportshoop uitgebreek het. Rosestad 100.6 FM het gesê volgens die SABC is ongeveer 130 laerskoolleerders deur die uitbraak geraak. Die vier skole sou ontsmet word en ouers is aangemoedig om kinders tuis te hou. Slegs matrikulante sou vir die voorbereidende eksamen toegelaat word en was aangeraai om maskers te dra.

Inentings is volgens beriggewing beplan.

“Die departement het onmiddellik sy Distrik-uitbreekreaksiespan (DORT) vir kontakopsporing geaktiveer, om vermoedelike gevalle in die gemak van hul huise te isoleer om verdere verspreiding te voorkom. Verder het die departement openbare gesondheidsopvoeding en -bewusmaking gedoen oor die identifisering van maselsimptome om gemeenskapslede aan te moedig om waaksaam te wees en enige vermoedelike maselsgeval by hul naaste gesondheidsorgfasiliteit aan te meld.”

Lees die gesondheidsdepartement se volledige verklaring hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief