KWAZULU-NATAL. – ‘n Persoon het Vrydag gesterf toe ‘n ligte voertuig van ‘n brug op die R102 naby Maidstone in Tongaat gestort het. Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue het bevestig dat die voertuig beheer verloor het en op sy dak onder die brug beland het.
Een persoon is op die toneel dood verklaar. Paramedici en reddingspersoneel het die gebied gefynkam om vas te stel of daar nog insittendes in die voertuig was, maar geen verdere slagoffers is gevind nie.






