GAUTENG. – Twee verdagtes is Vrydagmiddag doodgeskiet in ‘n skietery met die Valke se taktiese operasiespan (TOMS) in Brackendowns, suid van Johannesburg. Kol. Katlego Mogale het bevestig dat inligting ontvang is en ‘n gesamentlike operasie met verskeie eenhede uitgevoer is.
Die verdagtes was in ‘n voertuig op pad na die R59 toe die polisie hulle takties genader het. Die verdagtes het op die polisie begin skiet, waarna die beamptes teruggevuur het. Beide verdagtes is noodlottig gewond, en die voertuig, wat met vals nommerplate toegerus was, het in ‘n sloot beland.
Die polisie het ‘n ongelisensieerde geweer, handwapen, selfone en handskoene op die toneel gekonfiskeer. Volgens Mogale word ondersoeke voortgesit om te bepaal of die verdagtes by ander rooftogte in Johannesburg betrokke was.





