KWAZULU-NATAL. – ‘n Vragmotor het Dinsdagaand op die Phoenix-hoofweg en Rydalvale deur vyf motorvoertuie geploeg.
KZNVIP Protection Services en KZNVIP Medics het hulle saam na die toneel gehaas. Volgens ooggetuies het die vragmotorbestuurder na bewering probeer om die toneel te verlaat nadat hy die voertuie getref het, maar ander padverbruikers het hom gekeer en geboei terwyl hulle vir die polisie en metropolisie gewag het.
Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na fasiliteite vervoer is.
“Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, kan nie in hierdie stadium bevestig word nie, maar geen sterftes is aangemeld nie. Alle nooddienste was teenwoordig om die situasie te hanteer.”





