Eswatini-opposisieleier glo in SA vergiftig

Lees ook :

Eswatini-opposisieleier glo in Suid-Afrika vergiftig
Eswatini-opposisieleier glo in Suid-Afrika vergiftig fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog ’n verdagte in hegtenis in Steinhoff-ondersoek

SUID-AFRIKA. – Eswatini se opposisieleier is volgens sy party in Suid-Afrika vergiftig.

Mlungisi Makhanya (46), wat die laaste twee jaar in Suid-Afrika in ballingskap woon, is na bewering vergiftig en in ‘n hospitaal opgeneem. Volgens die People’s United Democratic Movement (Pudemo) is hy steeds in ‘n kritieke toestand.

Hy is glo Dinsdag in sy huis in Pretoria deur ‘n onbekende “jong man” vergiftig. Makwanya het glo vir die polisie gesê die verdagte het hom vergiftig en sy selfone gesteel.

Die Eswatini-woordvoerder, Alpheous Nxumalo, het gesê die staat was nie betrokke nie en “die regering vermoor of vergiftig nie verdagtes nie”.

Bronne: Prime News Ghana, BBC, Malawi Voice

Lees ook: Nog ’n verdagte in hegtenis in Steinhoff-ondersoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief