Pasiënt hang haarself by opleidingshospitaal

Lees ook :

Foto: Lucky Makhubela

GAUTENG. – ‘n Pasiënt (38) wat op 21 September vir behandeling in die Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal opgeneem is, het haarself Maandag in ‘n badkamer opgehang.

Khutso Rabothata, van die gesondheidsdepartement in die provinsie, sê die pasiënt was in saal 37. ‘n Verpleegster het op haar saalrondtes opgemerk die badkamerdeur is gesluit. Sy het verskeie kere geklop en geen reaksie gekry nie, waarna sy nog ‘n verpleegster se hulp gevra het.

Nadat die badkamerdeur oopforseer is, is op die liggaam van die oorledene afgekom waar sy haarself met ‘n selfoonkabel gehang het. Rabothata sê daar is dadelik met resussitasie begin en ‘n dokter is ontbied, maar die pasiënt is dood verklaar.

Die getraumatiseerde verpleegpersoneel ontvang berading en die polisie ondersoek die insident. Medelye is deur die gesondheidsdepartement teenoor die oorledene se familie uitgespreek.

“Die departement bly tot die verskaf van passievolle en veilige gesondheidsorg verbind en sal voortgaan om te werk om te voorkom dat sulke insidente in die toekoms gebeur,” sê Rabothata.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief