KYK: Sementvragmotor ploeg deur verskeie motorvoertuie

Lees ook :

Foto: Lima Charlie 1

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.

WES-KAAP. – ‘n Sementvragmotor het gistermiddag net na 18:30 deur verskeie motorvoertuie op die Kloofnekpad geploeg. Buiten bevestigde beserings is ‘n kragonderbreking veroorsaak.

Francine Higham, raadslid van wyk 77, het gewaarsku ‘n sementvragmotor het in die Kloofnekpad afgekom en met ongeveer 17 voertuie gebots, voordat dit teen ‘n muur van ‘n gebou tot stilstand gekom het.

Insp. Maxine Bezuidenhout, die woordvoerder vir verkeersdienste in die stad, sê ‘n voertuig wat getref is, het op sy beurt ‘n elektrisiteitsboks getref en ‘n kragonderbreking in Tamboerskloof veroorsaak. Bezuidenhout het wel beserings bevestig.

Die pad is eers weer om 00:45 vir ander verkeer oopgestel.

Kapt. Frederick van Wyk het ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur aan Nuusflits bevestig.

“15 voertuie en twee huise is beskadig.”

Van Wyk sê beseerde persone is vir mediese behandeling na nabygeleë hospitale geneem.

“Nog geen arrestasie is gemaak nie, die ondersoek duur voort.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief