KWAZULU-NATAL. – ‘n Ligte vliegtuig het net voor 13:00 by die Beachwood-gholfklub in Durban-Noord geval.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is saam met die SAPD en Metropolisie se soek-en-reddingseenheid na die toneel waar hulle die ligte vliegtuig op die gholflandgoed aangetref het.
“Daar word vermoed dat die vliegtuig ten tyde van die ongeluk twee insittendes gehad het. Een van die insittendes het ligte beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal vir die verdere sorg wat hy benodig, vervoer is.”
Jamieson sê omstandighede wat tot die vliegongeluk gelei het, is onbekend.
“Alle nodige amptenare was teenwoordig en sal verder ondersoek instel.”





