Man oor ‘gesteelde vleis’ aangerand, deur polisie opgespoor

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname

MPUMALANGA. – ‘n Man wat in video’s op sosiale media te sien is waar hy ‘n bakkie uitpak omdat hy van diefstal beskuldig is en dan boonop met ‘n sweep geslaan word, is deur die polisie opgespoor.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die polisie het met bekommernis van die video’s, wat op 16 Oktober in die Gert Sibande-distrik in Mayflower geneem is, bewus geword.

In die genoemde video word ‘n man omring deur ‘n groep mense. Die bakkie blyk vol gelaai te wees met verskeie items. Terwyl die man voortgaan om die items van die bakkie af te laai, word vleis, toegedraai in swart plastieksakke versteek gewys. Op die agtergrond kan gehoor word dat die man van vleisdiefstal beskuldig word. Die video wys verder hoe die man deur ‘n groep mense aangerand word.

Nkosi sê die opnames wys na ‘n moontlikheid van regsverydeling, aangesien niemand die insident aan die polisie rapporteer het nie. Die verdagte wat in die opnames te sien is, is ook nie na die polisie geneem nie.

“Die polisie het reeds die saak begin opvolg met die hoop om te verseker dat geregtigheid geskied. Tot dusver het die polisie in Mayflower daarin geslaag om die betrokke man op te spoor en die res sal volg. Die publiek sal dienooreenkomstig, soos die tyd aanstap, ingelig word,” het kapt. Nkosi gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief