Misdaadstatisiek dui aan diefstal van sonpanele en veral dié op dakke, word deur misdadigers geteiken en is aan die toeneem.
‘n Geleidelike toename in inbrake en diefstal by huise word deur vrygestelde statistiek aangedui. Tussen April en Junie is ongeveer 379 insidente van inbraak per dag aangemeld.
Tans staan Suid-Afrika op ‘n rekord van 200 dae sonder beurtkrag. Huiseienaars het egter voor dié gunstige tydperk noodgedwonge altenatiewe planne vir elektrisiteit gemaak. Biljoene rande se sonpale is ingevoer.
Volgens Bussiness Tech se beriggewing is die silwer-, aluminium- en koperkomponente in sonpanele ook ‘n aantreklikheid vir voornemende diewe. Dit is egter baie duur om die gesteelde sonpanele te vervang. Sommige versekeringsmaatskappye bied wel dekking vir sonpanele.
Inwoners kan voorkomende maatreël toepas, deur byvoorbeeld die aanbring van toepaslike heinings en bewegingsensorligte, deur die alarm gelaai te hou, die beheer van bosse wat sig in jou erf belemmer en gereedskap, waaraan diewe hulself kan help, weg te sluit.
Bronne: SAPD, SolarWow, Bussiness Tech, BizNews.com Metalworkingnews News en Garden Route Insurance Brokers





