Lees ook: Sowat 87 mense dood in aanval op Gaza en 16 in Libanon
Die Israeliese weermag het oornag banke in Libanon geteiken wat hulle beweer word deur Hezbollah gebruik vir “befondsing van terroriste-aktiwiteite”.
Die Al-Qard al-Hasan-banke word deur gewone burgers gebruik en is deur die VSA en Saoedi-Arabië gesanksioneer om besigheid te doen. Die bank het sowat 30 takke in Libanon, waarvan ongeveer 16 deur Israel geteiken.
Die Israeliese weermag het gesê dit het waarskuwings aan burgers uitgereik om pad te gee. Al-Qard al-Hasan het hulle kliënte gerusgestel en gesê stappe is geneem om seker te maak hulle geld is veilig.
Bronne: BBC, Sky News, Arise
Lees ook: Sowat 87 mense dood in aanval op Gaza en 16 in Libanon





