Huise se dakke in Soshanguve waai af, Tshwane-areas sonder krag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die Stad Tshwane sê daar word reageer op kragonderbrekings nadat erge donderstorms groot skade oor die gebied aangerig het.

Alderman Aaron Maluleka sal gebiede waar skade aangerig is, asook Soshanguve, waar dakke van huise afgewaai het, besoek.

Tegnici is uitgestuur om aandag te gee aan gebiede wat sonder elektrisiteit is, onder andere weens omgewaaide bome, maar dit reën kort-kort in Tshwane, wat die werkers verhoed om aan die probleme aandag te gee.

Onderstepoort, ‘n landelike gebied met kleinhoewes, wat gereeld onder elektrisiteitsonderbrekings gebuk gaan, is reeds sedert Sondagmiddag net voor 16:00 af. In dié area is kleinhoewes van die krag afhanklik om water vir daaglikse gebruik en diere te pomp.

“Die weer lyk net of dit opsteek oor Pretoria, dan weet ons al die krag gaan af wees,” sê Kleintjie Badenhorst, ‘n inwoner van die area.

“Dit kos ‘n astronomiese bedrag aan brandstof om te keer dat vrieskaste se inhoud nie verlore gaan nie,” sê Dolf Olivier, nog ‘n inwoner van die gebied.

Lees die volledige verklaring van Die Stad Tshwane hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief