Minister ontken beweringe van Louis Liebenberg

Lees ook :

Foto: Specialised Security Services

Dr. Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, ontken die beweringe wat Donderdag deur Louis Liebenberg se prokureur in die Bronkhorstspruit-landdroshof gemaak is.

Euné Oelofson, woordvoerder vir die minister, sê Liebenberg word deur die minister genooi om die twee bewaarders wat genoem word te identifiseer, waarna ‘n ondersoek, wat hulle selfone insluit, gedoen sal word.

“Dit is ‘n onbenullige poging om die hof te mislei om borgtog toe te staan deur die howe se simpatie te probeer wen.”

Beweringe word gemaak dat twee tronkbeamptes tydens Liebenberg se oorplasing na Kgoši Mampuru II-gevangenis kommunikasie met die minister gehad het waartydens hulle glo aangesê is “om sy lewe hel te maak.” Liebenberg beweer hy het die gesprek gehoor en sê hy word geteiken.

“Die departement van korrektiewe dienste het opdrag om gereelde deursoeking vir selfone en ander gesmokkelde items te doen.”

Die minister sê Liebenberg sal soos alle ander gevangenisse sonder spesiale behandeling, hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief