NOORD-KAAP. – Die liggaam van ”n man (25) is Sondag in ‘n huis in Eaglestraat, Roodepan, ontdek.
Sers. Timothy Sam sê die oorledene het steekwonde in sy maag gehad. Die Roodepan-polisie ondersoek ‘n saak van moord.
Enigiemand met relevante inligting wat tot die verdagte se arrestasie kan lei, word gevra om speur.sers. Vincent Phiri by 084 459 0644 te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.
Die ondersoek duur voort.





