Lees ook: Ramaphosa teken Bela-wet maar sonder artikels oor toelating en taal
Duisende mense en meer as 40 organisasies het teen die Bela-wet betoog. Ministers John Steenhuisen, Gayton McKenzie en dr. Pieter Groenewald het saam met minstens tienduisend betogers na Freedom Park marsjeer om ’n memorandum teen die Bela-wet in te handig.
Sanger Steve Hofmeyr was ook teenwoordig en het Sarie Marais gesing voor die optog ‘n aanvang geneem het.
AfriForum se hoof, Kallie Kriel, het gesê dit is die kwaadste wat die Afrikaanse gemeenskap was sedert 1994. Hy het gesê: “Los ons kinders uit”.
Steenhuisen het herinner daar is 12 amptelike tale in Suid-Afrika en al die tale moet beskerm word. Groenewald het gesê: “Jy moet trots wees op wie jy is, of jy nou Zulu of Xhosa is. Ek is ’n trotse Afrikaner.”
Bronne: The Citizen, DA, Facebook
Lees ook: Ramaphosa teken Bela-wet maar sonder artikels oor toelating en taal





