Lees ook: Sommige regsake teen Trump waarskynlik laat vaar
AMERIKA. – Die man wat ná Donald Trump die presidentskap gewen het op die internet verklaar het: “Jou lyf, my keuse” se privaat inligting is deur woedende vroue op die internet gelek.
Nick Fuentes, ’n nasionalis, het ’n anti-aborsie-stelling op sosiale media gemaak waarin hy gesê het: “Jou lyf, my keuse”. Sy uitspraak is deur sy volgelinge op verskeie vrouens se plasings herhaal.
Woedende vrouens het wraak geneem en sy privaat inligting, insluitend sy adres, op die internet gelek met hulle eie sê-ding: “Jou huis, ons keuse”.
Een vrou het glo by Fuentes se huis opgedaag en is na bewering deur hom met pepersproei aangeval.
Verskeie mense het die keuse om sy inligting op die internet te plaas, gekritiseer en gesê dit is onveilig.
Bronne: Daily Dot, AOL., Daily News





