Voormalige polisiekolonel vir omkopery gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Gregory Edmund Beck (68), ‘n voormalige polisiekolonel, is deur die Palm Ridge- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof vir die ontvangs van omkoopgeld van R5 000 gevonnis.

Phindi Mjonondwane
, woordvoerder vir die NVG, sê Beck se skuldigbevinding spruit uit die aanvaarding van omkoopgeld in ruil vir die fasilitering van ‘n ondersoek in Alberton. Terwyl Beck ‘n aktiewe lid van die polisie was, het hy die omkoopgeld geëis om te verseker ‘n ondersoek word behoorlik afgesluit. Die klaer het belowe om die geld later te betaal, maar het Beck in Desember 2014 aan die teen-korrupsie-eenheid van die provinsiale polisiekantoor gerapporteer.

“In reaksie hierop het die kantoor van die direkteur van openbare vervolging (DOV/ DPP) in Johannesburg ‘n lokval-operasie goedgekeur om die beskuldigde op heterdaad vas te trek.”

Mjonondwane sê op 4 Maart het die klaer, vergesel van polisielede, vir Beck by ‘n plaaslike restaurant ontmoet, waar die R5 000 oorhandig is. Beck is in hegtenis geneem en die geld teruggekry.

Beck het onskuldig gepleit, maar Terrence Zitha, die senior staatsadvokaat, het Beck se deelname in die witboordjiemisdaad bewys.

“Met die uitspraak van die vonnis het die hof Beck se voorheen uitsonderlike diensrekord in die SAPD erken, maar beklemtoon dat sy kriminele optrede deur hebsug gemotiveer is.”

Die oud-kolonel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief