Lees ook: Werkloosheidsyfer styg tot 33.5%
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van die jaar met 1.4% gedaal.
Volgens StatsSA het die amptelike werkloosheidsyfer van 33.5% na 32.1% gedaal. Die sektore waarin meer mense werk gekry het, sluit in: gemeenskaps- en sosiale dienste, konstruksie, verkope.
Minder mense is in finansies, vervaardiging, privaat huishoudings en vervoer aangestel.
Meer mense het werk gekry in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noord-Wes, Mpumalanga, Limpopo, die Vrystaat en Noord-Kaap, terwyl minder mense in Gauteng en KwaZulu-Natal aangestel is.
Bronne: StatsSA
Lees ook: Werkloosheidsyfer styg tot 33.5%





