Lees ook: Leerling deur ‘boelie’ in skoolbadkamer gehang in VSA, skool sê dit was ‘gekskeerdery’
CHINA. – Verskeie mense is beseer toe ‘n motor deur ‘n groep mense buite ‘n laerskool in China geploeg het.
Leerlinge sowel as volwassenes is beseer en verskeie mense is in die hospitaal opgeneem.
Die bestuurder van die voertuig is deur die ouers en skool se veiligheidsbeamptes gevang en aan die polisie oorhandig.
Dit is onbekend wat tot die voorval gelei het, maar dit is die derde soortgelyke geval in China binne ‘n week.
Bronne: BBC, CNN, The Straits Times
Lees ook: Leerling deur ‘boelie’ in skoolbadkamer gehang in VSA, skool sê dit was ‘gekskeerdery’





