Nóg drie vermeende kapers deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KZN. – Drie verdagtes wat glo ‘n voertuig met huishoudelike toestelle gekaap het, is Woensdagaand deur die polisie in Marianhill doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê ‘n motoris se voertuig en vrag is Dinsdagmiddag in Intakestraat in Marianhill gekaap en ‘n onbekende bedrag geld geroof. Die voertuig was volgens inligting daarna by ‘n hostel in Klaarwater waar die verdagtes die gesteelde goedere in ‘n bakkie gelaai het. Die polisie het aangedui die bestuurder moet stilhou nadat die bakkie opgemerk is waar dit ry. Die bestuurder het egter begin vinniger ry, met die polisie agterna. Daar is op die polisie geskiet en hulle het teruggeskiet.

Netshiunda sê die voertuig het op die hoek van Henry Penington- en Ndwandwestraat in Klaarwater tot stilstand gekom.

Drie verdagtes het noodlottige skietwonde opgedoen en twee vuurwapens, waarvan die reeksnommers afgevyl is, sowel as ammunisie, is in hulle besit gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief