Video in berig.
Mia le Roux het soos voorheen berig weens gesondheidsprobleme van die Mej. Heelal-kompetisie in Mexico onttrek. In ‘n video vertel die land se mooiste titelhouer oor haar besluit.
Nadat die Mej. SA-organisasie ‘n verklaring oor die onttrekking uitgereik het, is bespiegel oor wat met Mia verkeerd is.
Mia is gehoorgestrem en sê sy het nie die besluit ligtelik geneem nie en is dankbaar vir al die ondersteuning wat sy sedertdien ontvang het.





