Seun (5) sterf nadat hy en nog drie glo versnaperinge eet

Lees ook :

Foto: Dumezweni Laerskool Facebook

GAUTENG. – ‘n Gr. R-leerling van Laerskool Dumezweni in Diepkloof het Woensdag gesterf nadat hy en ‘n meisie in gr. R, ‘n meisie in gr. 1 en ‘n seun in gr. 4, wat glo van dieselfde versnaperinge geëet het, siek geword het.

Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement, sê die ander drie kinders wat dieselfde simptome ondervind het, is in die hospitaal opgeneem.

Volgens beskikbare inligting het die leerders in dieselfde erf gewoon en saam gespeel toe hulle na bewering geëet en simptome van naarheid en diarree begin ervaar het. Hulle is na ‘n plaaslike mediese fasiliteit geneem, waar die seun dood verklaar is. Die ander drie kinders is vir verdere mediese versorging na ‘n ander fasiliteit oorgeplaas.

Mabona sê die departement het hulp na die skoolgemeenskap gestuur om leerlinge en personeel in die moeilike tyd te ondersteun.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het aan Nuusflits gesê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die oorsaak van die kind se dood is onbekend terwyl op ‘n nadoodse ondersoekverslag gewag word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief