WES-KAAP. – Drie Burundiese burgers het Woensdag op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, verkragting en afpersing in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die staat beweer die verdagtes het ‘n 14-jarige meisie van Somora Machel gegryp en in ‘n voertuig ingeboender, waarna hulle weggery het. Sy is van haar selfoon beroof en verkrag. Die verdagtes het daarna die ma van die meisie gekontak en R10 000 geëis, maar dit is nie betaal nie.
Die verdagtes se saak is vir borgaansoek tot 26 November uitgestel, maar die staat sal die borg teenstaan. Vanweë die aard van die seksuele misdade teen ‘n minderjarige mag die verdagtes nie geïdentifiseer word nie. Hulle bly in aanhouding.
Lees meer hier onder:





