Polisiespeurders op borg vrygelaat

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Vier speurders van Barberton wat vir diefstal van geld en regsverydeling in die Barberton-landdroshof verskyn het, is elk op borg van R5 000 vrygelaat. Die saak is tot 29 Januarie 2025 uitgestel.

Die speurders word van die diefstal van R1 800 000 beskuldig.

Kapt. Dineo Sekgotodi van die Valke sê sersante Danisile Precious Mahlangu (47), Mandla Saky Ndlovu (49), Bongani Dlamini (40) en Doctor Zulu (42) se borg is op die volgende voorwaardes toegestaan: die vierstuks mag nie met getuies inmeng nie, mag geen misdaad pleeg nie, mag nie die jurisdiksie van Barberton sonder vooraf reëlings met die ondersoekbeampte van hulle saak verlaat nie, nie met die ondersoekbeampte inmeng nie en moet hulle paspoorte indien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief