Verdagte in hegtenis geneem na string misdrywe

Lees ook :

Verdagte in hegtenis geneem na string misdrywe
Verdagte in hegtenis geneem na string misdrywe fotokrediet: SAPD

Lees ook: Mans gesien wat peuter met liggaam

GQEBERHA. – ’n Verdagte is in hegtenis geneem en een is doodgeskiet na ’n string misdrywe in KwaZakele.

Verskeie rooftogte en kapings is na bewering Woensdag deur die verdagtes uitgevoer.

Drie gewapende verdagtes het glo by ’n kliniek ingegaan en die werknemers beroof, asook selfone en ’n werknemer se voertuig gesteel. Daarna was daar twee voorvalle van kapings, waarna die gesteelde voertuig en een van dié wat gekaap is, agtergelaat is terwyl die verdagtes in ’n gekaapte Toyota Hilux gevlug het.

Die polisie het die Hilux gewaar en voorgekeer. Die bestuurder het probeer vlug en is in hegtenis geneem. Een verdagte het ’n vuurwapen gehad wat hy op die polisie gerig het. Hy is doodgeskiet.

Nog ‘n verdagte het by die terrein van Dora Nginza-hospitaal ingehardloop en het weggekom.

’n Vuurwapen, selfone en die sleutel van een van die gekaapte voertuie in die kar gevind.

Die bestuurder (40) is aangekla van sakeroof, kaping, die rig van ’n vuurwapen en besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Bronne: SAPD

Lees ook: Mans gesien wat peuter met liggaam

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief