Kleuterseun verdrink in swembad

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleuterseun (2) het Vrydagaand in ‘n swembad by ‘n huis in Admiralstraat in die Bluff-omgewing, suid van Durban, verdrink

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici is omstreeks 19:30 na die toneel van ‘n verdrinking. By die huis was ‘n voertuig gereed om met die kleuter hospitaal toe te jaag. Die kleuter het geen teken van lewe getoon nie, waarna paramedici dadelik met KPR tot by die hospitaal oorgeneem het.

Jamieson sê ten spyte van die lang tyd wat daar probeer is om die kleuter by te bring, is hy kort na aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Na bewering het die kleuterseun in die swembad gevind waar hy dryf. Bure het hom uit die water gehaal.

Omstandighede wat tot die kleuter se verdrinking gelei het, word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief